Jannas se matriekafskeid 2018

Geen moeite is ontsien met rokke, voertuie en bykomstighede nie en die matriekleerders en hul metgeselle het soos sterre gelyk.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het onlangs hul matriekafskeid gehou en dit was beslis ‘n geleentheid wat leerders nie gou sal vergeet nie.

Die funksie het op Donderdag, 11 Oktober by Usambara in Krugersdorp plaasgevind.

Magdie Vermeulen, wat met die reëlings gemoeid was, het gesê die saal was pragtig versier in wit, silwer en laventel.

Hugh Marais en Moonine Retief tydens Hoërskool Jan Viljoen se matriekafskeid. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Groot volstruisvere op die tafels het die prentjie afgerond. Die leerders het swier aan die geleentheid verleen met die pragtig uitrustings en blink voertuie waarmee hulle by die matriekafskeid gearriveer het. Ek was trots op elke leerder,” het sy gesê.

Geen moeite is ontsien met rokke, voertuie en bykomstighede nie en die matriekleerders en hul metgeselle het soos sterre gelyk.

“Ouers en leerders het in die tuin gekuier en verversings geniet. Die geleentheid het amptelik begin toe die leerders op die rooi tapyt oor ‘n brug gestap het. Elke paartjie se name is aangekondig voordat hulle die saal ingestap het,” het sy gesê.

Calvin Smith en sy pragtige metgesel tydens Hoërskool Jan Viljoen se matriekafskeid. Foto: Jaco-Mari Futcher

‘n Spesiale heildronk is op die leerders se toekoms ingestel en daarna is die dansbaan geopen deur die hoof, Sarel Steyn en leerlingraadpresident Ashley Cowan, en Tiaan van Niekerk en Paula-Jade Lishe, die twee visepresidente.

“Laaste maar nie die minste nie, dankie aan elke komiteelid wat saam verantwoordelik was vir die reuse sukses en voortreflike aand vol styl en glans. Sterkte vir die laaste skof wat voorlê. Harde werk word altyd beloon,” het sy trots bygevoeg.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

Www free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version