MunicipalNews

#MunisipaleMaandag: Swak diens eis amper ‘n lewe

VIDEO: Die talle oop mangate regoor R'fontein is al vir lank 'n probleem.

Die talle oop mangate regoor R’fontein is lank reeds ‘n probleem. Raadslede gerapporteer dit meestal sonder sukses by die munisipaliteit en dit was net ‘n kwessie van tyd voordat lewens daardeur in gevaar gestel sou word.

Volgens René van Straten van die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV) moes hulle op een dag twee honde uit verskillende oop mangate red.

René van Straten van die plaaslike DBV klim in ‘n mangat om ‘n hond te red. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ons het een hond met die publiek se hulp uit ‘n mangat by Uncle Harry’s gered. Die ander hond het in Kanferstraat in ‘n baie diep mangat geval,” het sy gesê.

Laasgenoemde insident is deur twee eiendomsagente gerapporteer en René moes in die mangat afklim om die hond te red.

“Ek het in die mangat geklim om die hond so vinnig as moontlik uit te kry. Die dier was bang en dors toe hy uiteindelik gered is. Ons weet nie eers hoe lank die honde sonder kos en water in die gate vasgesit het nie,” het sy bygevoeg.

Die talle oop mangate regoor R’fontein is al lank ‘n probleem en dit was net ‘n kwessie van tyd voordat ‘n lewe daardeur in gevaar gestel sou word. Foto: Jaco-Mari Futcher

René het ook gesê dat sulke gevalle baie gereeld voorkom en dat die oop mangate ook ‘n gevaar vir mense inhou.

Volgens DA-raadslid, Ellik de Lange, is daar verskeie redes waarom die mangate nie deksels het nie. “Nadat munisipale werkers aan ‘n drein gewerk het, plaas hulle die deksels van die mangate dikwels nie terug nie. In ander gevalle word dit gesteel. Ek is vrees die dag dat ‘n kind in so ‘n mangat val,” het hy gesê.

Ellik rapporteer oop mangate gereeld aan die munisipaliteit, maar daar word niks daaromtrent gedoen nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button