NewsSchools

Riebeeckrand spog met kunswerke

Hoërskool Riebeeckrand se jaarlikse kunsuitstalling was 'n reuse sukses.

Hoërskool Riebeeckrand hou jaarliks ‘n kunsuitstalling waartydens hul Graad 10- tot Graad 12-leerders in Visuele Kunste se kunswerke uitgestal word.

“Vanjaar is daar 50 leerders wat Visuele Kunste as ‘n vak neem. Leerders se kunsvaardighede, tegnieke en kreatiwiteit word gedurende hierdie periode ontwikkel,” het Varuska Denysschen, die Visuele Kunste-onderwyseres gesê.

Die uitstalling op 25 September, wat ook die fotografieklublede se werke ingesluit het, het heelwat belangstellendes gelok.

“Die doel van dié uitstalling is om ouers, familie en vriende die geleentheid te gee om die spogwerke van hul kinders te sien. Die uitstalling was ‘n reuse sukses.

“Dit is lekker om te sien hoe leerders van kwartaal tot kwartaal groei. Hul tegnieke verbeter, hul selfvertroue verdubbel, die leerders groei ook emosioneel en dit reflekteer in hulle werke. Riebeeckrand is voorwaar trots op hul leerders se harde werk,” het sy bygevoeg.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

Www free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button