Paartjie met lang vingers teiken bejaardes

Die Herald gesels met twee slagoffers wat albei die afgelope maand by hul huise geteiken is.

’n Jong vrou en ’n middeljarige man teiken en besteel glo bejaardes regoor Randfontein.

Die Herald het met twee van dié paartjie se slagoffers oor hul ervarings gepraat. Marietjie Pienaar van Greenhills en Louisa Pretorius van Helikonpark is albei die afgelope maand by hul huise geteiken.

Volgens Louisa het sy een Saterdagmiddag haar tuin natgelei toe die man en vrou met haar begin gesels het. “Hulle het my eers gekomplimenteer oor die mooi tuin en toe het die vrou gesê sy onthou my nog van die tyd toe ek skoolgegee het, en dat ek na al die jare nog dieselfde lyk,” het sy vertel.

Also Read:

Police hand over whistles to the elderly

Albei was netjies aangetrek en het goed Engels gepraat. Hulle het vir Louisa ‘n glas water gevra, waarna almal in die huis in is.

“Terwyl die vrou water gedrink het, het die man gesê dat hy die badkamer wou gebruik. Intussen het die vrou my gevra vir ‘n nartjie en ‘n piesang.“

Die man het al die kosbare juwele in Louisa Pretorius se juwelebokse gevat. Foto: Jaco-Mari Futcher

Die vrou en Louisa het selfoonnommers uitgeruil voordat die paartjie in die pad geval het. “Eers nadat ek gery het, het ek besef my nuwe selfoon, my ander selfoon, my juwele, my parfuum en my stykyster is weg. Ek weet nie eers waar hulle die strykyster kon wegsteek nie, want sy het ‘n somersrokkie aangehad en hy het ‘n broek en ‘n hemp gedra.”

Marietjie het ‘n soortgelyke storie vertel.

Ek was besig om my bagasie in my kar te laai toe hulle met my begin praat het, want ek was op pad om by familie te gaan kuier. Hulle het gesê my tuin is baie mooi en gevra of hulle van my plante kon kry. Ek het die plante vir hulle uitgehaal en in ‘n sakkie gesit waarna hulle my vir water gevra het. Nadat hulle weg is, het ek besef dat my selfoon en juwele weg is,” het sy gesê.

Marietjie het gesê dat dieselfde met ‘n vriendin van haar in Greenhills gebeur het. Albei slagoffers het egter op hulle voete gedink en die glase waaruit die paartjie gedrink het, gebêre vir vingerafdrukke. Hulle het elkeen ‘n saak van diefstal by die Randfontein Polisie geopen en dit word ondersoek. Volgens Louisa is dieselfde paartjie deur ‘n kringtelevisiekamera by ‘n plaaslike besigheid betrap waar ‘n kliënt se selfoon verdwyn het.

Louise Pretorius hou die leë sakkie vas waarin ‘n kosbare hangertjie was wat sy van ‘n familielid ontvang het. Foto: Jaco-Mari Futcher

Konstabel Carmen Hendricks, Randfontein Polisie-woordvoerder het bevestig dat dié insidente by die polisie aangemeld is.

“Ons wil ander bejaardes ook waarsku teen dié paartjie. Ons as pensioenarisse kan nie bekostig om besteel te word nie. Sommige van die juwele wat gesteel is, het meer sentimentele waarde as wat die versekering kan uitbetaal,” het Louisa gesé.

Hoewel Louisa en Marietjie gewillig was dat hul name in hierdie berig genoem word, hulle die Herald gevra om hulle nie af te neem nie, weens hul vrees vir verdere viktimisering.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

Www free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version