Riebeeckrand se erfenis is groen

Hoërskool Riebeeckrand se leerders het bome geplant as deel van hul Lente- en Erfenisdag-vieringe.

Op 21 September het Hoërskool Riebeeckrand se leerders en personeel hande gevat om Lentedag én Erfenisdag te vier.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder het elke klas in die skool iets geplant om dié dag te herdenk.

“Die leerders het ook die geleentheid gehad om te betaal om in gewone klere skool toe te kom en daardie fondse is gebruik om alles wat geplant sou word, aan te koop. Elke klas en hul voogonderwyser het hul eie klasprojek beplan en uitgevoer. Sommige klasse het bome geplant en ander het struike, bolle en blomme geplant,” het Elzeri gesê.

Erishe Visagie, ‘n Graad 11-leerder van Hoërskool Riebeeckrand, het blomme saam met haar klas geplant. Foto: Jaco-Mari Futcher

Die leerders en onderwysers het dié dag met groot entoesiasme bygewoon. Musiek het ’n energieke atmosfeer op die skoolterrein geskep en elke leerder was opgewonde om nog meer groen in hul skool in te bring.

“Dit was ’n baie spesiale geleentheid, want elke leerder en personeellid kon daarvan deel wees. Elkeen kon op ’n manier hul merk in die skool agterlaat.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version