Local newsNews

Bulle, bene en boepense by Renbaan

Op 22 September was daar baie meer aksie by die Randfontein Oval Renbaan as net vinnige karre.

Daar was groot familiepret by die Randfontein Oval Renbaan op Saterdag, 22 September.

Die hoogtepunt was die Mnr Boepens- en Mej Bene-kompetisie.

“Die manne moes dans en hul boepense wys en skud. Die vroue wat vir die kompetisie ingeskryf het, moes ‘n bietjie been wys.

Peet Jacobs en Cornelia Joubert was die wenners van onderskeidelik die Mnr Boepens- en Mej Bene-kompetisie.

Die vroue wat ingeskryf het vir die kompetisie moes bietjie been wys. Foto: Corné Britz van Pro Action Photos

Daar was ook ’n meganiese bul wat die publiek kon probeer tem, plus springkastele en ander vermaak vir die hele gesin. Aan die einde van die pretdag het die wedrenne oudergewoonte plaasgevind.

“Die publiek, veral die jongklomp, het die meganiese bul terdeë geniet en elke drywer het ook die geleentheid gekry om dié bul by die ‘horings’ te pak,” het sy gesê.

“R’fonteiners het in hul massas met hul koelbokse en braaivleis opgedaag en tot laat saam met familie en vriende gekuier.

Daar was springkastele en ander vermaak vir die hele gesin. Foto: Jaco-Mari Futcher

Die uitslae van Saterdag se wedrenne is as volg:

• Hotrods: Eerste was Martin Nel Jnr met Andy Maritz tweede en Gert Kruger derde
• 2100’s: Eerste was Heinrich Hartman met Francois van der Merwe tweede en Morné Pretorius derde
• 1660’s: Eerste was Jakkie van der Merwe met Ruan de Lange tweede en Ludi Schnelle derde
• Flexi’s: Eerste was Zander Minnie met Deon Coetzee Snr tweede en Martin Harmse derde
• Quads: Eerste was Yolandi Marais met Jolandi Kleyn tweede
• V-Rods: Eerste was Marilize Coetzee met Kyla Schnelle tweede
• Ninjas: Eerste was Martin Nel Jnr met Deon Coetzee Jnr Jnr tweede
• Stockrods: Eerste was Simoney Barkhuizen met Wessel Greef tweede
• 8V Midgets: Eerste was Jan de Bruyn met Shaun de Koker tweede

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button