NewsSchools

Little Angels vier hul erfenis

Daar was kleuters wat klere gedra het wat eie is aan kulture soos die Boere, Portugese, Zoeloes en die Britte.

Vir kleuters en personeel van Little Angels Dagsorgsentrum is dit belangrik om te onthou waar hulle vandaan kom, daarom het hulle Erfenisdag behoorlik gevier.

Die kleuterskool se kleuters en personeel het op 21 September hul erfenis gevier deur klere aan te trek volgens hul verskillende tradisies.

Francois Pieters het soos ‘n boer aangetrek. Foto: Ingestuur

Volgens Chevonne Buitendag, eienaar van dié dagsorgsentrum was die dag vir die kleuters baie pret, maar hulle het elk ook iets nuuts geleer.

“Die kleuters het dit geniet om te hoor wie kom van watter tradisie af. Daar was kleuters wat klere gedra het wat eie is aan kulture soos die Boere, Portugese, Zoeloes en die Britte. Almal het baie mooi gelyk en buiten die feit dat hulle die dag se opwinding geniet het, was dit baie opvoedkundig vir elkeen,” het sy gesê.

Nicola Pereira het aangetrek soos ‘n Portugees en Khanya Pooe het soos ‘n Zoeloe aangetrek. Foto: Ingestuur

“Ek wil dankie sê aan al die ouers vir hul saamwerking om vir ons kinders te wys al kom ons almal van verskillende kulture af is ons elke dag nog nie dieselfde mense wat mekaar lief het,” het Chevonne bygevoeg.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button