Local newsNews

Is jy dalk Mnr Boepens of Mej Bene?

Daar wag groot familiepret by die Randfontein Oval Renbaan op 22 September. Besonderhede hier.

R’fonteiners kan vandag, 22 September, na groot familie-pret by die Randfontein Oval Renbaan uitsien.

Die hoogtepunt van die pretdag is die Mnr Boepens- en Mej Bene-kompetisie. Daar gaan ook ’n meganiese bul wees wat die publiek kan probeer tem, plus springkastele en ander vermaak vir die hele gesin.

Die joligheid gaan om 2nm afskop en na die genoemde aktiwiteite sal die wedrenne op die ovaalrenbaar gehou word. R’fonteiners word genooi om hul koelbokse en ’n vleisie vir die kole saam te bring en tot laat saam met familie en vriende te kuier.

Vir meer inligting, skakel gerus 081 513 9146 of 081 512 1121.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button