Local newsNews

Muscles4Jesus maak reg om Sondagskoolklas te bedien

Hulle vra dat hul mede-motorfietsryers, asook lede van die gemeenskap hul sal ondersteun deur middel van ‘n donasie wat aangewend gaan word om Christen-leermateriaal aan te koop.

Muscles4Jesus, ’n motorfietsklub, gaan ’n Sondagskoolklas in Dwarskloof besoek om hulle te bedien én om Christen-leermateriaal te skenk.

Volgens Braam Venter van die Muscles4Jesus Ministry, het die gemeente se Sondagskoolklas hulle genooi om hulle op Sondag, 16 September, te bedien.

“Ons vra dat mede-motorfietsryers, asook lede van die gemeenskap ons sal ondersteun deur middel van ‘n donasie. Die fondse sal aangewend word om die Christen-leermateriaal vir die Sondagskoolklas aan te skaf,” het hy gesê.

Die bediening begin om 10vm en vind plaas op Plot 52, Dwarskloof, Randfontein. Motorfietsryers gaan om 8.30vm by die Tambotie Winkelsentrum bymekaar kom en om 9vm na die gemeente vertrek.

• Navrae: Kontak Braam by 076 502 1501.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button