NewsSchools

Lentedag in ware Jannas-styl

Buiten 'n opwindende danskompetisie was daar ook springkastele, musiek en lekker eetgoed.

Lentedag is ’n dag waarna elke leerder van Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) jaarliks uitsien. Vanjaar se vieringe het niemand teleurgestel nie.

Enza Steyn, die voog van Jannas se Verteenwoordigende Raad van Leerlinge (VRL), het dié makietie gereël.

Jannas het vanjaar se Lentedag op 13 September behoorlik in Jannas-styl gevier. Foto: Jaco-Mari Futcher

Jannas het vanjaar se Lentedag op 13 September behoorlik in Jannas-styl gevier.

“Die leerders het op springkastele gespring, na musiek geluister en lekker geëet. Daar was kosstalletjies, ’n fotohoekie en ‘n danskompetisie waaraan leerders met groot entoesiasme deelgeneem het,” het sy gesê.

George Schmulling koop eetgoed tydens Jannas se Lentedag-vieringe. Foto: Jaco-Mari Futcher

Die vieringe was ’n groot bederf vir Jannas se leerders, maar die matrieks kon dit ongelukkig nie bywoon nie, want hulle fokus op die rekordeksamen.

“Ons is baie bly die weer het saamgespeel, want vandag voel sommer soos lente met die son wat heerlik skyn. Almal het die dag geniet,” het Enza bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button