Local newsNews

Lentejolligheid by Tulbach Huis II

Selfs die inwoners wat bedlĂȘend is, het saam met hul familie die vieringe geniet.

Bejaardes van Tulbach Huis II in Loumarina het breed geglimlag tydens hul spesiale Lentedag-vieringe op Saterdag, 8 September.

Tulbach Huis II het 18 bejaarde inwoners wat onder meer aan die Alzheimer-siekte ly en 17 van hulle het diĂ© dag bygewoon. Selfs die inwoners wat bedlĂȘend is, het saam met hul familie die vieringe geniet.

Volgens Chantelle Botha, eienaar van Tulbach Huis II, het die inwoners hulself terdeë geniet en die oggend was propvol vermaak en lekkernye.

Shaylin Potgieter deel sjokolade aan Rina Brits uit. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ons wil hulle graag spesiaal laat voel. Dit is lekker om te sien dat hulle gelukkig is en hierdie tipe dae geniet. Die bejaardes het ‘n groot waardering vir die klein dinge in die lewe,” het sy gesĂȘ.

Die vieringe het om 10vm begin met ‘n optrede deur ‘n groep kinders van Michelle’s Acrobatic Academy. Om 11vm het Shaylin Potgieter, ‘n Graad 1-leerder van Randfontein Laerskool, wat onlangs Suid-Afrika by Talent America in New York verteenwoordig het, vir die bejaardes gesing en ‘n paar dramastukke opgevoer. Sy het ook sjokolade wat deur Dykes Nel Prokureurs geborg is, uitgedeel.

‘ n Groep kinders van Michelle’s Acrobatic Academy tydens ‘n optrede. Foto: Jaco-Mari Futcher

Die personeel van Hillside Pets in Krugersdorp het vir die bejaarde inwoners vleis gebraai wat deur Westgate Vleismark geskenk is om hulle met iets spesiaal te bederf.

Vroeër dieselfde week het Lizelle Colsby van SMH Hair in Randfontein, vrywillig aangebied om al die pasiënte te pamperlang om hulle mooi te laat lyk vir die nuwe seisoen en om ekstra spesiaal vir Lentedag te voel.

Jac Harmse klap hande vir Shaylin Potgieter se optrede. Foto: Jaco-Mari Futcher

Het jy dalk meer inligting rakende diĂ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button