Local newsNews

Leer ‘n Teiner Ken #80 – Breggie van Loggenberg

Die Herald ontmoet die 80ste persoon in die gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog.

Op Dinsdag, 11 September het die Herald vir Breggie van Loggenberg, 54, die 80ste persoon in ons gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog in Greenhills ontmoet.

“Ek het in 2014 Randfontein toe getrek nadat ek voorheen in Roodepoort gewoon het. Ek is baie lief vir die dorp en sy mense,” het sy gesê.

Breggie woon in Wheatlands en werk in Greenhills waar sy die mede-eienaar van Spiffs Hondesalon is. Haar grootste passie in die lewe is diere en met dié beroep kan sy dit uitleef.

“Ek sien myself as een van die grootste diereliefhebbers in Randfontein. Ek is baie lief vir katte en honde en dit gee my die grootste plesier om daagliks met diere te kan werk en om hulle mooi te maak,” het sy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button