Gospelsanger bekoor R’fonteiners ten bate van gestremdes

Willie Joubert, die Deo Gloria Dansgroep en studente van die Letzi Musiekskool het onlangs R'fonteiners by die Connie Mulder Sentrum vermaak.

Baie inwoners van die Connie Mulder Sentrum het geen familie wat na hul kan omsien gedurende die Desember-vakansie nie. Daarom het die sentrum se ouerkomitee ‘n fondsinsameling vir ‘n Kersfees-bederf gehou.

Op Vrydag, 7 September het Willie Joubert by die Connie Mulder Sentrum opgetree. Die Deo Gloria Dansgroep en studente van die Letzi Musiekskool het ook die gehoor vermaak.

“Nagenoeg 30 inwoners het oor Desember nêrens om heen te gaan nie en ons wil die feesseisoen vir hulle lekker maak. Daar is van hulle wat nog nooit eers by ‘n dieretuin was nie, daarom is dit eerste op ons lysie. Ons wil ook vir elkeen ‘n geskenk gee, al is dit hoe klein. Dis iets waarna hulle kan uitsien,” het Hanlie Jansen van Vuuren van die ouerkomitee gesê.

Haar seun is al vir 14 jaar deel van dié sentrum.

Willie Joubert en die Deo Gloria Dansgroep het saam opgetree. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Die inwoners en veral dié wat geen familie het nie, lê die komitee baie na aan die hart en ons wil nie hê dat hulle vir een oomblik moet voel dat daar van hulle vergeet word nie,” het sy gesê.

Die inwoners, hul families en Randfonteiners het die musiek, kos en optredes tydens dié geleentheid terdeë geniet. Hulle het op die maat van die musiek hul hande geklap en met breë glimlagge gaan slaap.

Volgens Jacques Struwig, die voorsitter van die ouerkomitee, hoop dat hulle genoeg fondse sal kan insamel om die inwoners behoorlik te bederf in die feesseisoen.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version