Ramkriekies Kleuterskool het Lentedag gevier deur ‘n hoeddag te hou en nuwe plantjies in hul tuine te plant.
Volgens Henriette Kuipers, Ramkriekies se woordvoerder, het al nege klasse van die kleuterskool op 31 Augustus met groot entoesiasme aan dié opwindende geleentheid deelgeneem.
“Ons het twee maats uit elke klas gekies wat die oulikste en kreatiefste hoede gehad het en uit hulle het ons die wenners vir die dag gekies. Die kleuters was baie oulik en daar was allerhande soorte hoede – van hoede met bytjies en blommetjies op tot ‘n hansworshoed en selfs ‘n voëlnes met eiers en voëls. Sommige juffrouens het lekker saamgespeel en vir hulself oulike hoede gemaak,” het sy gesê.
“Ons wou ook graag teruggee aan die natuur en elke klas het ‘n paar plante en blomme spesiaal vir Lentedag geplant,” het Henriette bygevoeg.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!