NewsSchools

Lente is in die lug by Ramkriekies

Sommige juffrouens het ook lekker saamgespeel en vir hulself oulike hoede gemaak.

Ramkriekies Kleuterskool het Lentedag gevier deur ‘n hoeddag te hou en nuwe plantjies in hul tuine te plant.

Volgens Henriette Kuipers, Ramkriekies se woordvoerder, het al nege klasse van die kleuterskool op 31 Augustus met groot entoesiasme aan dié opwindende geleentheid deelgeneem.

Cornel Vermaak, Monica le Roux en Kylie Blignaut het plantjies op Lentedag geplant. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ons het twee maats uit elke klas gekies wat die oulikste en kreatiefste hoede gehad het en uit hulle het ons die wenners vir die dag gekies. Die kleuters was baie oulik en daar was allerhande soorte hoede – van hoede met bytjies en blommetjies op tot ‘n hansworshoed en selfs ‘n voëlnes met eiers en voëls. Sommige juffrouens het lekker saamgespeel en vir hulself oulike hoede gemaak,” het sy gesê.

“Ons wou ook graag teruggee aan die natuur en elke klas het ‘n paar plante en blomme spesiaal vir Lentedag geplant,” het Henriette bygevoeg.

Kylie Blignaut het ‘n voëlnes op haar kop gemaak vir Lentedag. Foto: Jaco-Mari Futcher
Al nege klasse van Ramkriekies Kleuterskool het met groot entoesiasme aan dié opwindende dag deelgeneem. Foto: Jaco-Mari Futcher
Ramkriekies Kleuterskool se juffrouens het twee maats uit elke klas gekies wat die oulikste en mees kreatiewe hoede gehad het. Foto: Jaco-Mari Futcher
Cornel Vermaak, Monica le Roux en Kylie Blignaut het plantjies op Lentedag geplant. Foto: Jaco-Mari Futcher

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button