Simfoniekonsert kom Hoërskool Westonaria toe

Hoërskool Westonaria High School bied weer 'n simfoniekonsert aan op 2 September.

Hoërskool Westonaria High School gaan binnekort weer ‘n simfoniekonsert aanbied.

Die Pretoriase Filharmoniese Jeugorkes en die Oosrandse Jeugorkes het saamgesmelt om ‘n orkes van 45 lede te vorm. Hulle dirigent is Pienaar Fourie, en verskeie solokunstenaars gaan saam met die orkes optree. Die skoolkoor en die koor van die NG Kerk Oberholzer gaan ook tydens die simfoniekonsert optree.

“Ons doelwit met dié konsert is om uit te reik na ons gemeenskap en soveel moontlik van veral Milestone-inwoners die geleentheid te gee om dit by te woon.,” het Franci Oosthuizen, die organiseerder, gesê.

Die simfoniekonsert gaan om 3nm in die skoolsaal op Sondag, 2 September plaasvind.

Vir meer inligting, skakel 011 753 1168 of skakel Franci Oosthuizen direk op 072 755 7831 of stuur ‘n WhatsApp-boodskap na 071 629 1135.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version