Local newsNews

#WysheidWoensdag: Veediefstal: Publiek moet hul diere brandmerk

Die Herald het met boere gepraat oor veediefstal, hoe om dit te voorkom en die diere te brandmerk na 'n onlangse veediefstal-insident in die Bekkersdal omgewing.

“Tot 30 skaap lammers word op ‘n slag gesteel”, sê Ezra Ferreira, een van die boere in die Randfontein omgewing.

Die Herald het Dinsdag, 29 Augustus berig oor vyf persone in die Bekkersdal omgewing wat vir veediefstal gearresteer is. Na aanluiding daarvan het die Herald gaan uitvind wat boere kan doen om te voorkom dat hulle ‘n slagoffer van die toenemende veediefstal aan die Wesrand word.

Lees hier:

Five arrested for livestock theft in Bekkersdal

“Veediefstal het so toegneem dat ek ‘n wag aangestel het om in die aande my vee op te pas, want as meer as 30 lammers gesteel word, verloor jy maklik R70 000,” het Ezra gesê. Hy boer self met skape, beeste en varke.

Hy stel voor dat boere die volgende kan doen om veediefstal te voorkom:

• Die polisie vereis dat vee of met ‘n tatoeërmerk of ‘n brandmerk gemerk word sodat dit geïdentifiseer kan word.

• Vervoerpermitte is ook belangrik vir elke boer, want dis nodig om te weet waarheen al jou vee gaan sodat jy daarna kan terug verwys indien iets gebeur.

• Plase se sekurriteit moet opgeskerp word, soos byvoorbeeld kringtelevisiekameras, elektriese heinings of selfs ‘n wag.

• Kleinvee soos skape, bokke en varke moet saans toegesluit word waar hul uit die oog uit is.

Dit is ook belangrik om goeie kommunikasiekanale na ander boere in die gemeenskap, die polisie en die Gemeenskapspolisiëringsforum te hê.

“Hoofsaaklik word net skape gesteel, maar mens sal soms ook hoor dat beeste gesteel is. Varke en bokke raas te veel, so dit is vir diewe ‘n groot risiko om dit te steel. Die belangrikste is dat vee duidleik gemerk moet word, want as jy nie jou vee kan uitken nie, gaan jy hulle nie terugkry nie. Nog ‘n rede om vee te merk is omdat gesteelde vee soms op veilings verkoop word,” het hy bygevoeg.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button