MunicipalNews

#MunisipaleMaandag: Rioolprobleem na twee jaar opgelos

VIDEO: Die munisipaliteit het tot die verbasing van 'n besigheid in Aureus wat al vir twee jaar met rioolprobleme sukkel, die drein oopgemaak.

Vir langer as twee jaar het Daleen Loggerenberg van Bambanani Specialised Coatings en ander besighede telkemale by die munisipaliteit oor die verstopte rioolstelsel gekla.

Die Herald het op 15 Junie oor dié probleem berig, maar die munisipaliteit het uiteindelik eers laasweek die drein oopgemaak.

“Ek het eers met ‘n loodgieter gereël om te kom kyk want die toilette het nie gespoel nie, maar hy het vir ons gesê dat die probleem by die hooflyn is en dat die munisipaliteit daarna moet kom kyk. Daarna het ek soveel keer met die munisipaliteit gepraat, maar hulle het nooit gereageer op my klagtes nie. Ek weet dat drie ander besighede rondom dié besigheid ook klagtes ingedien het,” het Daleen gesê.

Volgens Daleen het die munisipale amptenare keer op keer vir haar gesê dat hulle die volgende dag na haar sou terugkom en dat die probleem opgelos sou word, maar daar het niks van gekom nie. Die riool het in die perseel begin afloop en die area waar werkers tydens etenstyd sit, was ook met rioolwater besmet.

“Die stank was erg en die blokkasie het net erger en erger geword. Ek het Maandag, 20 Augustus ‘n epos aan die munisipaliteit gestuur en ek het dit vir die ANC ook aangestuur. Ek het die artikel wat in die Herald was, ook aangeheg. ‘n Span met ‘n trok het binne ure hier aangekom, maar hulle het gesê dat hulle nie met hulle trok by die probleem kan uitkom nie en het toe weer gery. Later het Dame Mdluli van die munisipaliteit hier aangekom en na die probleem gekyk. Hy het ook gesê dat die trok nie daar kan uitkom nie, maar het gesê dat hy ‘n langer pyp sou gaan haal. Ek het gedink dat hy nie weer sal terugkom nie, maar hy het sommer dieselfde dag die drein kom oopmaak,” het Daleen gesê.

Werkers op die perseel het sakke om die rioollekkasie gepak om te verhoed dat dit verder versprei. Foto: Jaco-Mari Futcher

Hoewel hulle vir meer as twee jaar probeer het om die munisipaliteit se hulp te kry, is die probleem in net een middag opgelos.

“Ons is so dankbaar oor Dame se moeite en dat hy dubbel seker gemaak het dat alles weer oop is. Ons riolering werk weer piekfyn, ons wag net vir al die riool om op te droog en dan gaan ons werkers die perseel behoorlik skoonmaak,” het Daleen gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button