Rappies se Graad 7’s wys sakevernuf

Speletjies, heerlike eetgoed en enige speelding onder die son was te koop tydens Laerskool Rapportryer se markdag.

Laerskool Rapportryer se Graad 7-leerders het op Woensdag, 8 Augustus hul entrepreneursvaardighede op ’n prettige, kleurvolle en kreatiewe wyse tydens hul markdag ten toon gestel.

“Die leerders het hul stalletjies van vroeg al met entoesiasme beman en elke ouer, kleuter, kind en onderwyser probeer oorreed om hul aanloklike items te koop. Speletjies, heerlike eetgoed en enige speelding onder die son was te koop – enige kind se hartsbegeerte,” het Roleen Olivier, woordvoerder van Rappies gesê.

Dylan Swart het lekkergoed verkoop. Foto ingestuur.

Volgens Roleen het Ian Flemming, die Graad 7-onderwyser in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe gesê dat die Graad 7’s baie goeie besigheidsondervinding opgedoen het en boonop ’n wins gemaak het.

“Daar is besonderse moeite gedoen om elke kositem watertand mooi en lekker voor te berei, en goeie navorsing is gedoen om ouderdomsgepaste speletjies aan te bied waaraan die kinders met groot opgewondenheid deelgeneem het,” het Roleen gesê.

Rappie-leerders en -onderwysers sien beslis uit na die volgende kleurvolle markdag vol pret, speel en lekker eet.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version