NewsSchools

Somme geen probleem vir klein Megan nie

Megan Erasmus het ’n silwermedalje en ’n trofee tydens die Abakus Wiskundekompetisie in Johannesburg gewen.

Wiskunde is nie vir sissies nie, maar ’n sewejarige Randfonteiner het haar staal tydens ’n wiskundekompetisie gewys en met ’n silwermedalje en ’n trofee weggestap.

Megan Erasmus, ’n Graad 2-leerder van Laerskool Randfontein het op 4 Augustus aan die Abakus Wiskundekompetisie in Johannesburg deelgeneem. Daar het 310 kinders van Graad RRR tot Graad 9 aan dié kompetisie deelgeneem.

Volgens Elain Erasmus, Megan se ma, was die kompetisie taai, maar gelukkig was somme nog nooit vir Megan ’n probleem nie.

“Dit was Megan se heel eerste deelname aan so ’n kompetisie. Sy is nou ’n jaar en ’n half deel van die Abakus-program. Ek en haar pa, Stef, is baie trots op haar. Sy het ons voete onder ons uitgeslaan met haar prestasie,” het Elain trots gesê.

Megan is ’n boekwurm en baie lief vir somme. Juffrou Sunel Arlow het haar gehelp om voor te berei vir dié kompetisie.

“Sy geniet die Abakus-program baie. Haar Abakus-juffrou sê dat Megan se houding die belangrikste bestanddeel in haar wenresep is,” het Elain bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button