NewsSchools

Ram deel van groot skolekrieketreeks

Laerskool Randfontein is slaggereed vir die nuwe Johannesburg-Wes Krieketaandreeks.

Die loting vir die jaarlikse Johannesburg-Wes Krieketaandreeks het onlangs by Laerskool Helderkruin in Roodepoort plaasgevind en Ram neem deel.

Daar is 12 skole aan die Wes-Rand wat aan hierdie kompetisie deelneem. Tydens die loting is die spanne gekies wat in elk van die vier poele gaan meeding.

(WEB) Die kapteine van die 12 spanne wat aan die aandreeks gaan deelneem. Foto: Adéle Bloem

Hulle is soos volg:

• Poel A – Weltevreden Park Primary School, Laerskool Roodekrans en Ridgevale Primary

• Poel B – Laerskool Florida, Laerskool Horison en Maragon Ruimsig Primary School

• Poel C – Laerskool Dr Havinga, Laerskool Randfontein (Ram) en Constantia Kloof Primary School

• Poel D – Laerskool Helderkruin, Laerskool Muldersdrif en Trinityhouse School

“Die reeks skop op 6 September af, en die trofee- en plaatfinaal sal op 26 September plaasvind. Daar sal twee wedstryde per aand gespeel word, en elke kolfbeurt sal uit 15 boulbeurte bestaan,” het Eddie du Plessis, die organiseerder gesê.

Hy het bygevoeg dat elke speler wat aan die reeks deelneem, ook die kans staan om tot die Johannesburg-Wes-uitnodigingspan verkies te word om oorsee te gaan speel.

“Ons het verlede jaar ‘n span na Sri Lanka gestuur, en hulle het baie goed gevaar. Uit die nege wedstryde wat hulle gespeel het, het hulle ses gewen. Maar, hulle het nie nét krieket gespeel nie, en het ook die geleentheid gehad om deur die land te toer, en het baie goeie herinneringe teruggebring,” het hy gesê.

Verlede jaar se wenners was Laerskool Helderkruin (trofee) en Weltevreden Park Primary School (plaat).

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button