NewsSchools

Ram wys juniorleiers aan

Laerskool Randfontein het onlangs hul juniorleiers aangewys.

Laerskool Randfontein het onlangs Graad 3-leerders as juniorleiers aangewys.

“Laerskool Randfontein glo daarin om alle leerders van kleins tot hul volle vermoëns te ontwikkel en te help bou aan al hul unieke eienskappe,” het Annie Nolan, Ram-woordvoerder gesê.

Volgens Annie groei Ram se leerdergetalle konstant en die skool was genoodsaak om twee afsonderlike pouses vir die junior en senior leerlinge te hou. Die Graad 7-leiers bly aan diens tydens hul pouses maar daar het ‘n behoefte ontstaan aan leiers wat tydens die juniorpouse die personeel se oë en ore kan wees.

“Na deeglike oorweging is daar besluit om juniorleiers uit die Graad 3-leerders aan te wys. Hulle moet egter aan bepaalde vereistes voldoen, soos om ‘n balkie vir uitsonderlikheid hê nadat hulle 91 groenkaartmerkies vir positiewe gedrag ontvang het; hulle moet aan sport- en/ of kultuuraktiwiteite deelneem; en hulle moet ‘n gemiddeld van 60 persent op hul rapporte hê,” het Annie gesê.

Heinrich Obermeyer (agter), Deanné van der Linde (middel) en Carmen Engelbrecht (voor) is as juniorleiers by Ram aangewys. Foto: Jaco-Mari Futcher

Die pligte van die juniorleiers is om altyd ’n voorbeeld vir ander kinders te wees, om die onderwysers se oë en ore te wees waar hulle nie kan wees nie, en hulle moet die goeie waardes van ‘n ware Rammie uitstraal.

“Juniorleiers word op Maandae tydens saalopening aanwys sodra hulle aan al die vereistes voldoen. Die leerders ontvang ‘n pragtige heldergeel hoed en ‘n aansteekspeldjie. Die hoed word tydens pouses gedra, sodat die leiers meer sigbaar is en die ander leerders hulle kan raaksien,” het Annie gesê.

Daar is vanjaar reeds 26 juniorleiers aangewys.

“Ram is baie trots op hierdie leerders en moedig die ander aan om hard te werk sodat hulle ook die pragtige prestasie kan behaal,” het Annie bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button