NewsSchools

Kleuter blink uit by wiskundekompetisie

’n Graad R-leerder van Little Angels Dagsorgsentrum het goud gewen tydens 'n Abakus Wiskundekompetisie in Johannesburg.

Kaylynn Hauptfleish, ’n Graad R-leerder van Little Angels Dagsorgsentrum het die afgelope naweek goed presteer tydens ’n wiskundekompetisie.

“Kaylynn het op Saterdag, 4 Augustus aan die Abakus Wiskundekompetisie in Johannesburg deelgeneem. Daar het 310 kinders van Graad RRR tot Graad 9 aan dié kompetisie deelgeneem,” het skoolhoof Chevonne Buitendag gesê.

Sy het stof in haar opponente se oë geskop en ’n gouemedalje verwerf. Ons is baie trots op haar,” het Chevonne bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button