#MunisipaleMaandag: Geskok oor my munisipale rekening

VIDEO: ’n Inwoner van 'n kompleks wat aan Homelake grens, was geskok toe hy die bedrae op sy jongste munisipale rekening gesien het.

Raynier Jacobs, ’n inwoner van ‘n kompleks wat aan Homelake grens, was geskok toe hy die bedrae op sy jongste munisipale rekening gesien het.

Volgens Jacobs het hy geen vooraf kennisgewing gekry met redes vir die bykomende bedrag op sy rekening nie.

“Ek was geskok toe ek hierdie maand sien dat dit baie hoër as verlede maand s’n is. Toe ek my rekening nagaan was daar ’n tweede rioolheffing van R181 benewens die jaarlikse 12-persent verhoging,” het hy verduidelik.

Volgens Raynier is twee ander inwoners van dié kompleks in dieselfde bootjie.

“Ons betaal reeds ons maandelikse rioolgebruik van R117, daarom het ek geen idee waarvoor die ekstra bedrag van R181 gehef word nie. Dis ’n groot skok as mens altyd nagenoeg R400 vir jou munisipale diens betaal het en skielik meer as R600 moet opdok,” het Raynier gesê.

Raynier en ‘n hele paar ander inwoners van die kompleks is pensioenarisse en om nagenoeg R200 per maand meer te betaal vir riool, maak dit vir hulle moeilik om hul begrotings te laat klop. Hy het vertel hoe moeilik dit is om antwoorde by die munisipaliteit te kry omdat mens in lang rye moet wag en daar nie noodwendig iemand aan diens is wat met die spesifieke probleem kan help nie. Hy sal egter graag wil weet waarom die ekstra bedrag gehef word.

“Is dit regtig nodig aangesien ons reeds vir riool betaal, of is dit ’n manier vir die munisipaliteit om geld te maak?” het hy gevra.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version