Komedie met ‘n boodskap

YouTube-ster en komediant, Jonathan van Radio Raps het onlangs by Silverstar gekuier.

Die YouTube-ster en komediant, Jonathan van Radio Raps, het ‘n gehoor van 2 500 mense op 27 Julie met sy pittige sêgoed tydens sy Genuine-vertoning by Silverstar vermaak.

Hy het byvoorbeeld Chewbacca van Star Wars-faam met ‘n groot Yorkshire Terrier-hond vergelyk. Die gehoor het geskater van die lag.

Hy het oor baie onderwerpe in die Suid-Afrikaanse samelewing gepraat, soos verhoudings, die jeug se gebruik van sosiale media, drank en dwelms, swak dienslewering en die nuutste fiksheidstendense.

Hoewel hy ‘n paar keer kru taal gebruik het en soms as onsensitief voorgekom het, was hy brutaal eerlik in sy waarneming van die samelewing.

Aan die einde van die vertoning was alle grappies op ‘n stokkie toe hy die vertoning afgesluit het met ‘n treffende boodskap wat die hele gehoor onkant betrap het. “Mense wat werklik iets bydra tot jou lewe, gaan jou genuine aanvaar vir die mens wat jy is,” het hy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version