Motorfietsklubs kuier saam vir liefdadigheid

Die Stingers Motorfietsklub het onlangs hul Stingers Potjie Jol-familiedag by die Fantasy Farmyard ten bate van die West Rand Bikers Church se liefdadigheidswerk gehou.

Die Stingers Motorfietsklub het onlangs hul Stingers Potjie Jol-familiedag by die Fantasy Farmyard in Randfontein gehou.

Daar was groot pret op die feesterrein op 28 Julie en die trekpleisters het ’n potjiekoskompetisie, kindervermaak en ’n kontantkroeg ingesluit.

Jacques van Zijl kry ‘n tattoeërmerk by Redemption Ink Tattoos se stalletjie. Foto: Jaco-Mari Futcher

Daar was 14 inskrywings vir die potjiekoskompetisie, waarvan 13 van motorfietsklubs was. Volgens Sonja Conradie van Fantasy Farmyard was die wenner die Agamis Motorfietsklub met die Wicked Wheels Motorfietsklub kort op hul hakke in die tweede plek. “Die wenners het trofeë gekry wat handgemaak is deur lede van die Stingers,” het Sonja gesê.

“Die hoogtepunte van dag was die kroning van Mej Stinger, Simoné de Witt, asook die veiling. Die doel van die familiedag was om niebederfbare kos vir behoeftiges in te samel, wat aan die West Rand Bikers Church oorhandig is,” het sy bygevoeg.

Daar was verskeie stalletjie tydens die familiedag. Foto: Jaco-Mari Futcher

Hierdie familedag vir liefdadigheid word jaarliks deur die Stingers Motorfietsklub gehou en vanjaar s’n was die sesde een. “Ons is dankbaar vir die motorfietklubs wat saamgestaan het om die dag ’n sukses te maak. Daar was selfs motorfietsryers van Witbank af wat die dag saam met ons kom geniet het,” het Sonja gesê.

Piet Bullet Hanekom, Stingers-president het namens die Stingers-lede die publiek bedank vir hul ondersteuning. “Ons wil die Fantasy Farmyard bedank vir hul gasvryheid en dankie sê vir al die kos wat almal geskenk het. Daar is soveel broers en susters daar buite wat ons gaan voed, danksy julle.

“Die dag was ’n reuse sukses en fantastiese pryse is vir die lekkerste potjie oorhandig ,” het hy bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version