Local newsNews

Leer ‘n Teiner Ken #74 – Emily Morapedi

Die Herald ontmoet die 74ste persoon in die gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog.

Emily Morapedi van Zenzele gaan binnekort haar 36ste verjaarsdag vier. Sy het tydens ons onderhoud in Afrikaans en Engels met die Herald gesels.

Emily is ’n onderwyser by Little Angels Dagsorgsentrum in Greenhills waar sy kinders van onder twee jaar oud leer om die toilet te gebruik. Emily is ’n enkelma en sy stap elke dag werk toe. Sy is baie trots dat sy nooit laat by haar werk opdaag nie.

“Ek het drie kinders en ek staan elke oggend 3vm op om 6vm by die werk te wees. Wanneer ek opgestaan het, kry ek die kinders reg vir skool. My oudste dogter is 15, my ander dogter is nege en die jongste is in ’n kleuterskool in Zenzele,” het sy gesê.

“My passie in die lewe is om altyd te streef om beter te wees,” het Emily gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button