Plaasaanvalle: Polisie, regering kan nie meer publiek beskerm

'n Aantal plaasanvalle en -moorde oor die afgelope twee jaar het die Jachtfontein-gemeenskap geruk.

Die plaasgemeenskap van Jachtfontein buite Westonaria is die afgelope twee jaar geruk deur ’n aantal plaasaanvalle en -moorde.

Volgens Jaco Mulder, VF Plus provinsiale leier in Gauteng, kan plaasaanvalle toegeskryf word aan werkloosheid, swak dienslewering en swak polisiëring.

“Die ANC-regering in Gauteng het daarin gefaal om hul beloftes na te kom. Die polisie in die provinsie kan nie meer die publiek beskerm nie en daarom gebeur hierdie dinge.

“Die polisie het ’n tekort aan hulpbronne. Ek is self besig met ’n ondersoek om uit te vind waarom daar nie enige vordering in sake rakende plaasaanvalle is nie,” het Mulder gesê.

Mulder besit self grond in die Hekpoort-omgewing aan die Wes-Rand en hy ervaar dieselfde vrese as ander plaasbewoners.

Lees ook: Plaasmoorde – Wees paraat!

“Ons as gemeenskap moet begin om proaktief op te tree om aanvalle te verhoed. My aanbeveling is dat mense meer observerend moet wees en selfbeveiliging moet ’n leefstyl word. Mense moet begin aandag gee aan sekuriteit, gebeurlikheidsplanne en misdaad-intelligensie. Dit is ook baie belangrik om ’n goeie kommunikasienetwerk met jou bure te bewerkstellig sodat inligting makliker versprei kan word,” het Mulder gesê.

Volgens Mulder moet daar verandering in die politieke klimaat in Gauteng kom. “Die antwoord is ’n politieke oplossing. Die opposisiepartye sal weer moet hande vat om ’n koalisie in Gauteng te vorm.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version