Local newsNews

Pret, potjies en ysterperde

Dié familiedag gaan om 7vm by die Fantasy Farmyard op 28 Julie 2018 afskop.

Randfonteiners kan uitsien na groot pret tydens die Stingers Potjie Jol hierdie naweek.

Dié motorfietsklub se familiedag gaan om 7vm by die Fantasy Farmyard by Johannastraat 28, Wilbotsdal, op 28 Julie 2018 afskop.

Volgens Sonja Conradie, een van die organiseerders, wil hulle graag die publiek uitnooi om as familie die dag by Fantasy Farmyard te geniet. Daar gaan groot pryse te wen wees, met talle kosstalletjies en ‘n kontantkroeg op die feesterrein.

‘n Mej Stinger 2018 gaan gekroon word en om 2nm gaan die potjiekoskompetisie begin.

“Na die potjiekoskompetisie sal die potjiekos gratis beskikbaar wees vir almal by die fees,” het Sonja gesê.

Daar gaan ook vermaak soos speletjies, ponieritte en springkastele wees om oud en jonk besig te hou.”Ons vra slegs niebederfbare produkte as toegang. Ons gaan dit aan ‘n liefdadigheidsorganisasie of mense in nood skenk,” het Sonja bygevoeg.

Vir meer inligting oor dié pretdag, kontak Sonja Conradie by 071 684 8074.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button