Skenking van 300 bakkies kos vir informele nedersetting

'n Raadslid, inwoner en Proudly Baked het hande gevat om op 17 Julie kos vir bejaardes en kinders by die informele nedersetting in Elandsvlei te oorhandig.

Vir hul 67 minute het ‘n raadslid van Randwes-munisipaliteit, Tina Grobler, die Proudly Baked-span en inwoner Belinda Botha kos in grootmaat by die informele nedersetting in Wyk 9 uitgedeel.

Belinda doen elke jaar vir Mandela Dag iets vir liefdadigheid by haar werk, maar vanjaar het sy besluit om iets uit haar hart te doen.

Die span het 300 geskenkpakkies met lekkergoed en koeldrank asook 300 bakkies kerrie-en-rys uit hul eie sak geskenk. Foto: Jaco-Mari Futcher

Sy en Tina het toe saam met Melandia Tiedt van Proudly Baked op 17 Julie kos vir bejaardes en kinders in dié informele nedersetting oorhandig.

“Dit lê my en my dogter, Melandia baie na aan die hart om mense te help,” het Belinda gesê.

Dit was die tweede keer dat Melandia kos vir Mandela Dag uitgedeel het.

“Ons help die armste van die armes. My hart breek as ek moet dink dat iemand honger is,” het Melandia gesê.

“Mathapelo Ndungwane, Bettie Kwenda en Sarah Salindi van Proudly Baked het gehelp om die kos te maak wat ons uitgedeel het.”

Hulle het 300 bejaardes en kinders vir Mandela Dag van kos voorsien. Foto: Jaco-Mari Futcher

Volgens Belinda het die span 300 geskenkpakkies met lekkergoed en koeldrank asook 300 bakkies kerrie-en-rys uit hul eie sak geskenk.

“Mandela Dag is vir ons ’n besonderse dag en ons probeer elke jaar op dié dag uitreik, maar ons beperk onsself nie net tot hierdie datum nie. Ons help waar ons kan,” het Belinda gesê.

Die span het 300 geskenkpakkies met lekkergoed en koeldrank asook 300 bakkies kerrie-en-rys uit hul eie sak geskenk. Foto: Jaco-Mari Futcher

Stanley Mabina, voorsitter van die informele nedersetting in Wyk 9 en Wilson Shange, die ondervoorsitter het gehelp deur die uitdelery te fasiliteer en om die bejaardes en kinders van die gemeenskap bymekaar te bring.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version