Local newsNews

Tannie Koekie se sop net te lekker!

Vanjaar het inwoners van Toekies weer voor Tannie Koekie se huis tougestaan om haar smullekker sop te proe – alles in die naam van oudpresident Nelson Mandela.

Sedert die 67 minute-veldtog in die jaar 2009 ingestel is, het Koekie Alie, of Tannie Koekie soos die gemeenskap haar ken, met elke Mandela Dag sop vir haar buurt gemaak.

Vanjaar het inwoners weereens voor haar huis tougestaan om hul bekers met haar smullekker sop te vul.

Op Mandela Dag het inwoners weereens in toue voor Tannie Koekie se huis gestaan om hul bekers met haar lekker sop te vul. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ons gemeenskap is baie na aan mekaar en almal sien uit na Mandela Dag wanneer ek sop uitdeel,” het Tannie Koekie gesê.

“Die kerk het my baie gehelp met donasies, veral die brode. My broer het vir my die skaapbene gegee. Ek is ook baie dankbaar vir die mense wat die sopgroente soos wortels en aartappels geskenk het.”

Almal in die gemeenskap ken vir Tannie Koekie en hulle weet sy help altyd waar sy kan. “Ons bly al van 1973 af hier in Toekomsrus en ek werk hier in dié gemeenskap.”

Volgens haar is daar baie gemengde gevoelens oor Nelson Mandela in die gemeenskap, maar het sy steeds iets by hom geleer.

Sedert die 67 minute-veldtog in die jaar 2009 ingestel is, het Koekie Alie, of Tannie Koekie soos die gemeenskap haar ken, met elke Mandela Dag sop vir haar buurt gemaak. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ons het by Mandela geleer dat ons almal gelukkig moet kan saamlewe,“ het Tannie Koekie gesê.

“Ek sou dit nie alleen kon doen nie. Ida McGill, Susan Fortuin Botha en Angeline Meyers het my gehelp om die groot pot sop te kook. Jacob Nelson het ook hand bygesit met die voorbereiding en die regsit van die tafel,” het Tannie Koekie gesê.

In dié gemeenskap vat almal hande om mekaar te help.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button