Local newsNews

Leer ‘n Teiner Ken #73 – Edward van Schalkwyk

Die Herald ontmoet die 73ste persoon in die gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog.

Op Dinsdag, 17 Julie het die Herald vir Edward van Schalkwyk, 43, die 73ste persoon in ons gewilde #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog in Greenhills ontmoet.

“Ek bly my lewe lank in Randfontein en het in Finsbury grootgeword. Ek woon op die oomblik in Ten Acres,” het Edward gesê.

Na al die jare het Edward steeds nie genoeg van die dorp gehad nie. “Randfontein is ’n lekker dorp om in te bly.”

Edward is ’n pastoor by die Turn To Eternal Life Bible Ministries en sy passie is om mense te help.

Hy is ywerig om dwelmverslaafdes te help rehabiliteer.

Hy het sedert Augustus 2017 al 33 persone gehelp om dwelms te laat staan en om op die regte pad te kom.

“Ons help mense wat probeer om van dwelms af te kom en ons doen baie bewusmaking rondom dwelmmisbruik in die omgewing,” het Edward bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button