Winterfees sorg vir hope familiepret

Nie eers Saterdagoggend se reën kon in die pad van die familiepret by Driftwood se eerste jaarlikse Winterfees staan nie.

Die Driftwood Winterfees het op 14 Julie om 2nm afgeskop. Plaaslike musikante het feesgangers vermaak.

Intussen het die potjiekoskompetisie die deelnemers se potte in die agt bomas laat prut. Die kompetisie was taai.

Volgens Ilze Joubert, een van die organiseerders, was hulle bekommerd oor die reën maar die dag was nietemin suksesvol.

“Ons het gebid dat die reën ophou en nie die mense sou weghou nie. Dit het sommer vroeg opgeklaar en Randfonteiners het in hul massas opgedaag,” het sy gesê.

Daar was baie stalletjies en vermaak vir oud en jonk. Foto: Jaco-Mari Futcher

Daar was baie stalletjies en vermaak vir oud en jonk. ’n Groot seil is op die gras uitgesprei sodat feesgangers onder die sterre kon dans.

“Tanya V van Ben Morgenrood se boma het die lekkerste potjie gemaak en sy het eerste plek gewen. Mapogo Randfontein het baie moeite gedoen en hulle het die prys vir die mooiste stalletjie gewen,” het Ilze gesê.

Daar is ook ‘n Mnr en Mej Driftwood aangekondig. Paul Olckers en Lizandi Olckers is onderskeidelik as Mnr en Mej Driftwood 2018 gekroon.

Ilze het gesê die organiseerders gaan 10 persent van die dag se wins aan liefdadigheid skenk.

Maryna Booysen was een van die sewe Afrikaanse kunstenaars wat by die Driftwood Winterfees opgetree het. Foto: Jaco-Mari Futcher

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version