MunicipalNews

AfriForum gee strate weer name

Volgens AfriForum veroorsaak die afwesigheid van straatname dat nooddienste nie vinnig genoeg op noodtonele kan kom nie.

Lede van Randfontein AfriForum het op Vrydag, 6 Julie die strate van Greenhills ingevaar om straatname te verf.

Volgens Matiam van Vuuren, die voorsitter van dié AfriForum-tak, is straatname veral belangrik in ’n noodgeval.

“Nooddienste kan dikwels nie betyds by ’n noodtoneel uitkom nie, want hulle kan nie die regte straat kry nie. Nie almal het toegang tot slimfone en GPS’e nie en daarom moet straatname duidelik sigbaar wees,” het Matiam gesê.

Dewet Ungerer, Vaaldriehoek- en Wes-Randse distrikkoördineerder vir AfriForum, het ook gehelp om die straatname te verf. Studente, wat tans op vakansie is, het ook hand bygesit.

Die AfriForum-lede gaan so gou as moontlik al die straatname in Greenhills verf en daarna gaan hule dieselfde by die plotte doen waar straatname ook ‘n probleem is.

“By baie van die strate is daar geen aanduiding van ‘n naam nie. Ons wil dit makliker maak vir byvoorbeeld ambulanspersoneel om die adresse te kry,” het Matiam bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button