MunicipalNews

#MunisipaleMaandag: Rioolprobleem by begraafplaas

Dit is nie lekker om by jou geliefdes se grafte te kuier as dit so vrot nie – sê inwoner oor rioolprobleem by die Greenhills-begraafplaas.

Rioolwater loop al weke lank in ‘n pad by die Greenhills-begraafplaas af.

DP Els, ’n besorgde inwoner het die rioolprobleem ’n maand gelede die eerste keer gesien toe hy sy pa se graf besoek het. Hy het dit by die munisipaliteit gerapporteer.

“Dit is nie lekker om by jou geliefdes se grafte te kuier as dit so vrot nie,” het DP gesê. Sy vrou en een van sy vriendinne is ook in dié begraafplaas begrawe.

Also Read: Riool pla inwoner al drie weke

Die rioollekkasie by die begraafplaas is glo een van baie in die omgewing.

Nadat DP die probleem gerapporteer het, het hy weer by die begraafplaas gaan kuier en was ontsteld om te sien dat daar weinig omtrent die situasie gedoen is.

“Die munisipaliteit het intussen die toiletpapier en gemors skoongemaak, maar die riool loop steeds in die pad af,” het DP gesê.

Hy is al raadop en raak emosioneel omdat sy geliefdes se ewige rusplek in so ‘n toestand is.

“Ek weet nie wat mens nog moet doen omdat die munisipaliteit nie hul werk doen nie.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button