Local newsNews

Rioolwater veroorsaak diere se dood

Die Herald het in Junie berig oor die rioolwater wat glo al twee maande lank in die pad in die Aureus-nywerheidsgebied afloop. Fanie le Roux het reeds twee honde en ’n kat weens dié onhigiëniese toestande verloor.

Riool loop langs Fanie le Roux se huis in 2de Straat verby. Hy het glo al twee honde en ’n kat weens dié onhigiëniese toestande verloor.

Die Herald het in Junie berig oor die rioolwater wat glo al twee maande lank in die pad in die Aureus-nywerheidsgebied afloop. Volgens geboueienaar Johan Fourie het hy al verskeie kere die munisipaliteit gekontak oor die riool wat langs sy besigheid in die pad afvloei en onderdeur die mure in die perseel insyfer.

Volgens Fanie sukkel hulle reeds drie jaar lank met die rioolprobleem.

“Met tye raak dit beter en dan word dit weer ’n probleem, soos nou. Die riool het in die verlede al in die geboue ingeloop en die mense moes op bakstene trap om bo-oor die riool te loop,” het Fanie bygevoeg.

“Baie mense in die omgewing het dit al gerapporteer, maar niks gebeur nie.”

Fanie le Roux wys waar die drein verstop is. Foto: Jaco-Mari Futcher

Hoewel die munisipaliteit gereeld aan die verstopte drein werk, is daar steeds geen verbetering nie.

Volgens Fanie beloop sy veeartsrekening al meer as R2 000 nadat sy hond tydens hul oggendstappie met die rioolwater in aanraking gekom het. “My tweemaande-oue hondjie het saam met my en die ander honde gaan stap en toe word hy siek. Hy is later dood,” het Fanie gesê.

Fanie en Barinda Erasmus, wat ook op die perseel woon, is baie bekommerd oor hulle diere se welstand.

Volgens Fanie le Roux sukkel hulle reeds drie jaar lank met die rioolprobleem. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ons is baie lief vir diere. Ons het baie honde en ons erf is klein, so ons moet met ons honde gaan stap. Twee van ons katte is ook al dood. Mens kan katte mos nie keer nie en hulle het seker van die riool ingekry,” het Barinda gesê.

Hul hoop net dat die rioolprobleem finaal opgelos kan word, sodat hul diere kan veilig wees.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button