Watervermorsing nie vir duiwe ‘n probleem nie

'As mens in die straat afry, sit die duiwe so op 'n streep en bad' – inwoners nadat 'n pyp gebars het.

In Oribistraat skep inwoners water vir hul tuine met emmers uit die straat.

Dis al meer as twee weke sedert ‘n pyp op die sypaadjie van voor huisnommer 6 gebars het. Ten spyte van talle inwoners se pogings om die munisipaliteit se hulp te kry, vloei honderde liters water elke dag in die straat af.

Volgens Elize Nel het hulle dit al by die munisipaliteit asook die DA-kantoor gerapporteer. “Nog niemand het eers opgedaag om na die probleem te kyk nie, terwyl die damme leegloop,” het sy vertel.

Die water wat in die pad afloop is skoon en dus die ideale badplek vir voëls. Foto: Jaco-Mari Futcher

Nou skep sy en haar gesin dié water met emmers. “Ons kry nie aldag kans om dit te doen nie, maar ons probeer dit in die tuin gebruik sodat alles nie vermors word nie,” het Elize gesê. “Wanneer daar waterbeperkings is, reageer die munisipaliteit vinnig en hulle maak dadelik die pype reg, maar daar is nie nou ‘n ernstige waterprobleem nie, dus steur hulle hul nie daaraan nie.”

Elize se buurman, Lucky Seleke, het vertel dat hy al by die Departement van Infrastruktuur was om die probleem te rapporteer.

“Hulle het vir my ‘n verwysingsnommer ge-SMS, maar ek het nog niks verder gehoor nie. Die groot probleem is by die huis hier langsaan, maar die water loop oor almal se sypaadjies tot by die hoek,” het ‘n ontevrede Lucky vertel.

Die water hou egter vir sommige voordeel in. Die duiwe sit so op ‘n streep en bad in die skoon water.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version