MunicipalNews

Inwoner gryp in by begraafplaas

Stefan Venter het Saterdag met 'n span werkers begin om die begraafplaas van 'n kant af netjies te maak.

Stefan Venter, ’n inwoner en eienaar van Spot On Tuindienste, het die afgelope naweek self hand bygesit om ’n gedeelte van die Greenhills Begraafplaas skoon te maak.

Stefan en sy span het die gras by drie rye grafte in die ou gedeelte gesny, onkruid uitgetrek, geskoffel en gehark.

“Ons het dit al voorheen gedoen, maar ek het nou besluit om minstens een keer ’n maand die begraafplaas so stuk-stuk skoon te maak,” het hy vertel.

In die winter skaal mense hul gebruik van tuindienste af omdat dit nie elke week nodig is om gras te sny nie. Stefan en sy span werk gedurende die winter nie op Saterdae nie, maar hy het vir sy werkers ’n ekstra paar rand gegee om hom in die begraafplaas te help.

Stefan Venter van Spot On Tuinsdienste en sy werkers, asook werknemers van Wagner Boerdery het die naweek ’n gedeelte van die Greenhills Begraafplaas netjies gemaak. Foto: Verskaf

“Saterdae is ons tyd beperk, so ons kan elke maand net ’n paar rye skoonmaak,” het Stefan gesê. ’n Paar werknemers van Wagner Boerdery het ook ‘n hand bygesit. “My vrou en van haar kollegas het ons kom help sodat ons meer gedoen kon kry.”

Lees ook: Concerns over Greenhills cemetery

Die munisipaliteit het onlangs begin om gras te sny en algemene instandhouding by die begraafplaas te doen, maar Stefan se tuindienste stap die ekstra myl om dit netjies te hou.

Hoewel daar hier en daar inwoners is wat familielede se grafte onderhou en gereeld kom skoonmaak, fokus Stefan en sy span op die hele begraafplaas. “As ons die begraafplaas wil netjies maak sal ons dit maar self moet doen. Dit help nie mens maak net een of twee grafte skoon nie,” het hy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button