Local newsNews

Groot biddag vir R’fontein-besighede

Ek het die boodskap gekry om vir die dorp se besighede te bid nadat ek besef het dat almal finansieel swaarkry – stigter van God's Army.

God’s Army weet dat besighede in Randfontein onder groot finansiële druk verkeer. ’n Plaaslike besigheidseienaar het besluit om ’n biddag vir hulle te hou.

God’s Army is ’n organisasie wat grootliks daarop gemik is om jongmense te help om ’n pad saam met Christus te stap.

God’s Army se eerste groot byeenkoms, die biddag vir besighede, gaan op 7 Julie plaasvind. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Ek het die boodskap gekry om vir die dorp se besighede te bid nadat ek besef het dat almal finansieel swaarkry,” het Hennie Marais, die stigter van God’s Army gesê.

“Dit gaan landwyd swaar met besighede, maar dis nodig vir ons mense om saam te staan, daarom wil ek die biddag vir ons dorp se mense reël.”

Hennie het verduidelik dat die biddag vir Randfontein se besighede God’s Army se eerste groot byeenkoms is.

“Almal wat deel is van God’s Army help waar hulle kan. ’n Paar mense van ons groep het Vrydagaand fondse ingesamel om ons uitgawes vir die dag te dek,” het Hennie gesê.

Hulle gaan op Saterdag, 7 Julie ’n tent op die Randfontein Skouterrein opslaan waarheen besighede en die publiek uitgenooi word om saam te staan. “Die besighede het die gebede nodig en in moeilike tye is ondersteuning belangrik,” het hy gesê. Mense word versoek om hul eie kampstoele saam te bring.

Daar gaan stalletjies wees waar kos soos worsrolletjies en vetkoek verkoop gaan word, maar mense kan ook hul eie eetgoed en koeldrank saambring.

Daar gaan musiek gespeel word deur die loop van die middag en om 4nm gaan ’n pastoor van die Gemeente van Christus met skriflesing open en die boodskap vir die dag bring.

“Die Here het my gelei om dit te doen om ons dorp se besighede te help,” het Hennie gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button