Local newsNews

Polisie vaar die strate in, in gewone klere!

As deel van die polisie se nuwe misdaadvoorkomingsinisiatief gaan hulle elke Woensdag in siviele klere deur ’n ander deel van die dorp stap.

Dit is belangrik dat polisielede fiks moet wees. Daarom het Randfontein Polisie besluit om eenmaal ’n week in groepe te verdeel en te gaan stap.

Hulle gaan dan terselfdertyd verskillende gebiede patrolleer en op sommige dae mense en winkels deursoek.

Speurders, administratiewe beamptes en polisiebeamptes stap saam sodat almal fiks kan word. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Dis sommer twee vlieë met een klap,” het kaptein Appel Ernst, Randfontein Polisie-woordvoerder gesê.

Op Woensdag, 20 Junie het hulle dié inisiatief afgeskop deur in twee groepe in die middedorp se dwarsstrate te stap en pamflette uit te deel om bewusmaking oor dwelmmisbruik te skep.

Baie van die mense aan wie dié pamflette uitgedeel is, het vir die lede raad of meer inligting gevra.

Die polisie het Woensdag dié misdaadvoorkomingsinisiatief afgeskop deur in twee groepe in die middedorp se dwarsstrate te stap en pamflette uit te deel om bewusmaking oor dwelmmisbruik te skep. Foto: Jaco-Mari Futcher

Volgens Appel is almal wat vir die polisie werk, welkom om die uitstappies mee te maak.

“Ons speurders, administratiewe beamptes en polisiebeamptes gaan saamstap sodat almal fiks kan word,” het sy gesê.

Die polisie het in siviele klere gestap om mense wat onwettige produkte soos sekere soorte sigarette verkoop, onkant te vang.

“Daar is wel vandag beamptes in uniform in die strate, maar ons hoop om die mense wat op die uitkyk is vir die uniform te verras,” het Appel bygevoeg.

Die polisielede gaan elke Woensdag tussen 12nm en 1nm in die dorp stap – elke week in ‘n ander deel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button