Local newsNews

Ligte, kamera en aksie vir Melktandjies

Melktandjies Kleuterskool gaan op televisie verskyn. Besonderhede hier.

Melktandjies Kleuterskool het Maandag, 4 Junie, belangrike gaste ontvang.

Dit was die span van Kleuterzone, ‘n kykNET-televisieprogram wat die daaglikse aktiwiteite van verskillende kleuterskole verfilm en later beeldsend. Die span gesels met die hoof, vra uit oor die aktiwiteite wat by die skool aangebied word, en wys ook hoe die geboue op die kleuterskoolperseel lyk.

Zuriel Akussah, Le’ Shaye Mecuur and Divan van Zyl is gereed vir die kameras.

Al Melktandjies se babas en kleuters van drie maande en ouer het pragtig vir die geleentheid gelyk in hulle spesiale T-hemde. Almal was baie opgewonde en die kameramanne, wat baie vriendelik was, het presies geweet hoe om die kleintjies te verfilm. Die kameras het begin rol toe die kleuters hul skool se naam gesê het en daarna ‘n Christen-liedjie gesing het.

Daarna was dit klassies toe waar die televisiespan al die aktiwiteite verfilm het om te wys hoe die skool lyk en werk.

Al die personeel van Melktandjies Kleurterskool was reg vir die groot dag.

Die materiaal sal direk op kykNET Nou, DStv-kanaal 146 en op Via Kanaal 147 in oopkyktyd vertoon word. Die presiese datum sal later bekend gemaak word.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button