Local newsNews

Dieredaggie by kleuterskool

Diere was letterlik Little Angels Kleuterskool se tema toe Mobile Zoo op Donderdag, 31 Mei kom kuier het.

Diere was Little Angels Kleuterskool se tema toe Mobile Zoo op Donderdag, 31 Mei kom kuier het.

Die doel was om die kleuters meer oor die verskillende diere te leer en hulle aan die diere bloot te stel. Daar was onder andere ‘n goue mol, meerkat, arapapegaai (macaw), pelsmuis (chinchilla), tarantula, slang, skilpad, tierboskat, klou-apie (marmoset), ystervarkie, bearded dragon, geitjies, ‘n likkewaan, shongololo-duisendpoot en Poolse kat.

Francois Pieters het nooit gedink hy gaan so diertjie op sy kop laat sit nie. Foto: Ingestuur.

Die kleuters het ook geleer watter diere gevaarlik is en watter diere mens nie mag optel of aanhou nie.

Volgens Chevonne Buitendag, die skoolhoof, het die kinders dit baie geniet.

Levi Venter het hom verkyk aan die skilpadjie. Foto: Ingestuur.

“Dit was so lekker om die uitdrukkings op al die gesiggies te sien met elke dier wat sy verskyning gemaak het, ” het Chevonne gesê.

Sy het bygevoeg, “Ek is bly dat ek dit elke jaar kan doen. Die blydskap op hul gesiggies spreek boekdele.”

 

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button