Local newsNews

Ons Liza bereik nuwe hoogtes

Die ster het in 2016 aan die Internasionale Verenigings van Atletiekfederasies se Jeug Wêreldkampioenskappe in Columbia deelgeneem.

Bekende atleet Liza Kellerman,18, is gekies om in Julie aan die Junior Wêreldkampioenskappe in Finland deel te neem.

Liza is ‘n uitblinker in die 800m en die 4x400m-aflos. Die ster het in 2016 aan die Internasionale Verenigings van Atletiekfederasies se Jeug Wêreldkampioenskappe in Columbia deelgeneem.

Sy het ook eerste geëindig tydens die Konfederasie van Afrika-atletiek se Suidelike Streek Jeug en Juniorkampioenskappe wat in die Boksburg-stadion aangebied is.

Vyf dogters en 13 seuns is gekies om aan die kampioenskappe in Tampere in Finland deel te neem.

Liza oefen twee keer per dag ‘n uur en ‘n half lank. Die een sessie is op die trapmeul en tydens die ander sessie is sy op die pad.

Liza is baie dankbaar teenoor haar afrigter, Hein Maré, wat haar al agt jaar afrig. Sy is tans ‘n beursstudent aan die Universiteit van Johannesburg.

Van aanstaande jaar af sal Liza as ‘n senior atleet deelneem. Sy hoop ook om eendag haar land saam met die 800m-wêreldkampioen, Caster Semenya, by die Olimpiese Spele te verteenwoordig.

“Ek is baie opgewonde om Finland te sien en ek gaan my beste gee!” het Liza belowe.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button