NewsSchools

Gekroondes gee weer terug aan R’fontein

"Die veldtog by Laerskool Randfontein is sover 'n fenomenale sukses. Ons het nou eers daarmee by Laerskool Rapportryer begin, maar vertrou dat dit net so suksesvol sal wees."

Die Mev Randfontein Winter Socks Drive het op Maandag, 21 Mei by Laerskool Randfontein afgeskop.

“Ons as die Mev Randfontein-span wou graag ‘n verskil maak in ons gemeenskap. Met die winter wat ons stadig bekruip weet ons dat ‘n paar kouse die wêreld se verskil vir iemand kan maak. Ons glo dat almal warm kouse vir die winter behoort te hê,” het Michelle Booyse, Mev Randfontein Hoërskole gesê.

Die Sock Box waarin leerders die geskenkte kouse geplaas het. Foto: Ingestuur.

Dalien Steenekamp, wat onlangs as Mev Randfontein gekroon is, het die veldtog bekend gestel saam met Michelle en Allisha Weeler Masser, Mev Randfontein Laerskole.

Reinette Herbst, wat een van die beoordelaars by die Mev Randfontein-kompetisie was en self al die kroon gedra het, is ook by die veldtog betrokke. Dié onderwyser neem binnekort aan die Mrs Africa-skoonheidskompetisie deel.

Leerders van Laerskool Randfontein luister aandagtig na die Mev Randfontein-span. Foto: Ingestuur.

“Die veldtog by Laerskool Randfontein is sover ‘n fenomenale sukses. Ons het nou eers daarmee by Laerskool Rapportryer begin, maar vertrou dat dit net so suksesvol sal wees,” het Michelle gesê.

Enige besighede wat graag wil deel raak van die veldtog kan die organiseerders skakel by 083 312 4312.

Michelle Booyse besig om die leerders in te lig. Foto: Ingestuur.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button