NewsSchools

Tekkie Tax laat Ram ruim skenk

Twee organisasies het voordeel uit die inisiatief getrek.

Laerskool Randfontein (Ram) het dit reggekry om R14 045 deur die Tekkie Tax-inisiatief in te samel.

Die opbrengs is aan Cansa en Meals on Wheels geskenk.

Bea Nortje, wat die inisiatief gekoördineer het, het gesê dat Cansa R11 145 ontvang het en dat R2 900 aan Meals on Wheels geskenk is. “Ons glo dat albei organisasies goeie werk doen en dat ‘n hele aantal mense voordeel uit die skenkings sal trek. Ons het besef dat Meals on Wheels ‘n baie belangrike rol in die gemeenskap vervul, en ons wil hulle ook graag help,” het Bea gesê.

Sy het verder vertel dat die geld ingesamel is deur skoenveters en plakkers te verkoop. “Die veters is teen R25 per paar en die plakkers teen R10 elk hier by die skool verkoop. Die veters en plakkers saam was teen R35 beskikbaar en die leerders het die items vir hul familielede gekoop.

Thea Wille, Cansa-gemeenskapsmobiliseerder het gesê dat die skenking die organisasie baie sal help.

“Ons by Cansa is baie dankbaar teenoor die skool vir hierdie wonderlike skenking. Die geld sal vir navorsing, opvoeding en toerusting vir ons kankerpasiënte gebruik word,” het Bea gesê.

Ram-hoof Leon Haupt het verduidelik dat die skool daartoe verbind is om die Tekkie Tax-inisiatief elke jaar te ondersteun om so die gemeenskap te help.

“Die leerders en hul ouers lewer elke jaar ‘n reuse bydrae deur hul deelname. Ons is so dankbaar dat ons die geld kon insamel en skenk, en beplan om dit in die toekoms weer te doen,” het Leon bygevoeg.

Cansa Randfontein se kantoor is op die perseel van die NG Gemeente Randpoort en hulle doen weekliks siftingtoetse. Kontak vir Iselle van Wyk by 082 637 6205 om ‘n afspraak te maak. Indien jy as ‘n vrywilliger by Cansa betrokke wil raak, skakel vir Thea by 072 342 0008.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button