Pret tydens Riebeeckrand-opedag!

Die Graad 7-leerders is vermaak met ‘n toer deur die skool.

Hoërskool Riebeeckrand het op Vrydag,16 Mei hul jaarlikse opedag gehou.

Die Graad 7-leerders het eerstehands ervaar hoe tuis Riebeeckranders elke dag daar voel. Hulle is op ‘n toer deur die skool geneem en het aan verskeie aktiwiteite deelgeneem. Dit was egter nie al nie.

Lekker spookasem! Foto: Ingestuur.

Die leerders het vir middagete aan heerlike pizza gesmul, en vir die soettande was daar spookasem en kolwyntjies vir nagereg.

“Die leerders kon nie uitgepraat raak oor die heerlike kuier by die Riebeeckrand-familie nie,” het Elzeri Wright, Riebeeckrand-woordvoerder gesê.

Al klaar besig met proefnemings by Riebeeckrand.

Die leerders se ouers het daardie aand ‘n inligtingsessie bygewoon waartydens hulle al die nodige inligting ontvang het en deur die skool se talent beïndruk is.

Skoolhoof Annelize van den Berg en die personeel sien baie daarna uit om hierdie besonderse groep Graad 7’s aanstaande jaar by Riebeeckrand te verwelkom.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version