Local newsNews

Lodge samel fondse in vir kankerlyers

"As dit nie vir die hulp van die publiek was nie, sou ons nie 'n bedrag aan CANSA of die leukemielyer kon gee nie." – Lodge-eienaar

Op Sondag, 20 Mei, het agt kunstenaars gratis by Johan van Wyk se lodge, Buffalo Ranch opgetree. Hulle weldaad was ten bate van CANSA en ‘n vrou wat aan leukemie (bloedkanker) ly.

Johan, wat sedert 1 Februarie die nuwe eienaar van Buffalo Ranch Lodge is, wou iets vir sy medemens doen. André Killian van MAD Entertainment was gretig om te help en het gereël dat die sangers optree.

Johan van Wyk, Tanya V en Susan Cronje. Foto: Ingestuur.

Die agt kunstenaars, Gert Koevert, Nadine Maré, Linda Killian, Tanya V, Monique West, Arno vd Hoff, Francois du Toit en Nadia Zara het ook sonder huiwering ingestem om hul bydrae te lewer.

Dit was ‘n baie suksesvolle dag waartydens die mense lekker gekuier het en die musiek natuurlik uit die boonste rakke was.

‘n Dankbare Johan het gesê, “As dit nie vir die hulp van die publiek was nie, sou ons nie ‘n bedrag aan CANSA of die leukemielyer kon gee nie.” Johan bedank ook graag vir André en die sangers vir hulle groot aandeel aan die sukses van die fondsinsamelingsfunksie.

“Baie dankie aan almal wat hul tyd opgeoffer het,” het Johan bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button