Local newsNews

Bekende en geliefde sakeman sterf

Bekende sakeman verloor sy stryd teen been- en beenmurgkanker.

Piet Pelcher, bekende eienaar van ‘n Pizza Perfect-franchise in Helikonpark, is onlangs oorlede.

Volgens familie het Pelcher op Vrydag, 4 Mei sy stryd van sewe en ‘n half jaar teen been- en beenmurgkanker verloor.

“Dit is met groot hartseer dat ons op 4 Mei ons geliefde eggenoot, pappa en oupa moes groet. Jesus het hom kom haal. Ten spyte van sy siekte het hy nooit gekla nie en was sy humorsin ‘n eienskap wat almal wat met hom te doen gekry het, sal onthou,” het sy vrou, San Pelcher gesê.

Hy was ‘n rekenmeester van beroep maar sy droom was om sy eie besigheid te besit. Hy het die Pizza Perfect in Helikonpark 20 jaar gelede gekoop en dit met passie bedryf.

“Baie dankie aan al ons klante en verskaffers wat ons so ondersteun het. Ons sal steeds poog om die beste kwaliteit en diens te verskaf. Ons gaan hom baie mis maar ons weet hy is nou sonder pyn,” het San ook namens haar gesin gesê.

Baie inwoners het op sosiale media en op WhatsApp-groepe sterkte en simpatie aan die familie oorgedra.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button