Local newsNews

By Gemeentes van Christus is dit nie net praatjies nie

Op Saterdag, 12 Mei, was die Herald verras om gemeentelede voor die Quality Treats-tuisnywerheid aan te tref waar hulle sop en broodjies aan almal uitgedeel het..

Die Herald het op Donderdag, 10 Mei, die Hemelvaartdiens gelei deur pastoor Desmond Wessels by die Gemeentes van Christus, Randfontein bygewoon. Nagenoeg 160 mense het na die boodskap gaan luister.

Die ander kerke in die dorp het ‘n gesamentlike diens by NG Sionspoort bygewoon.

Dit was ‘n baie spesiale diens vir die gemeente.

“Die Hemelvaartdiens is soos altyd ‘n baie spesiale dag vir alle Christene, asook vir ons gemeente. Ons het gekyk na ‘probleme’ uit al vier die Evangelies wat nie die hemelvaart kon keer nie. As die Woord sê iets gaan gebeur, kan niks die werk van die Here keer nie,” het Desmond verduidelik.

“Ek is baie trots en ons gee die Here al die eer. Ek het eers nie ‘n idee gehad hoekom die Herald foto’s geneem het nie,” het hy nederig gesê.

Pastoor Desmond Wessels van die Gemeenstes van Christus.

“Die Herald se teenwoordigheid is awesome deur die gemeente ontvang want dit is vir ons lekker om die Here te dien. Ouderdomsgewys is ons ‘n baie jong gemeente, en ons dienste is nie stywe, maskerdra, tradisievaste byeenkomste nie,” het hy verder gesê.

Die gemeente het binne vier jaar van 30 gemeentelede na 350 plus gegroei, en daar moes weens ‘n tekort aan sitplek sedert einde April soggens twee dienste gehou word.

Dit was ‘n baie spesiale aand vir die gemeenskap.

Hul aanddienste word goed bygewoon en hulle ervaar dat baie kinders van die Here dan in die huis van die Here wil wees.

Op Saterdag, 12 Mei, was die Herald verras om gemeentelede voor die Quality Treats-tuisnywerheid aan te tref waar hulle sop en broodjies aan almal uitgedeel het. Hulle doen dit een keer per maand, is daar vertel.

Die kerk was stampvol.

“Ons deel net die sop en broodjies uit. Ons nooi nie die mense kerk toe nie; dit is net lekker om iets te doen sonder om altyd iets te kry of terug te verwag,” het pastoor Wessels gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button