CrimeNews

Dís hoe rowers dink en werk

HET JY GEWEET? Die gemiddelde rower slaan 103 keer toe voordat hy vasgetrek word.

Dertig gevangenes het tydens diepte-onderhoude met dr Rudolph Zinn van Unisa onthul hoe hulle te werk gaan wanneer hulle by ‘n huis inbreek.

Dié gevangenes is almal skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede.

Henry Boyce, Instaanvoorsitter van die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Randfontein, glo die gemeenskap moet dié inligting kry wat aan die lig gekom het:

Agt uit tien huisinbrake word uitgevoer met die hulp van inligting van huis- en tuinwerkers, asook voormalige werknemers.

Lees ook: Garage in CBD targeted by armed robbers

Rowers sal jou huis tot twee weke lank monitor voordat hulle inbreek.

Die meeste aanvalle vind tussen 7nm en middernag plaas, soms tot 4vm. Dit is gewoonlik wanneer jy ontspan, slaap, kook of televisie kyk, en jou alarmstelsel nie geaktiveer is nie.

Sewe-en-negentig persent van die rowers is gewapen.‘n Bende gewapende rowers bestaan gewoonlik uit vier lede en die gemiddelde huisrower is tussen 19 en 26 jaar oud. Nagenoeg ‘n derde van alle huisrowers het óf al moord gepleeg, óf sal nie skroom om dit te doen nie.

Slegs 17 persent van alle huisrowers is buitelanders. Die gemiddelde rower slaan 103 keer toe voordat hy vasgetrek word. Die meeste rowers se ‘basisse’ is slegs 10 tot 30 minute weg van die huis wat geteiken word. Rowers word nie afgeskrik deur alarms of gewapende reaksiespanne nie.

Henry Boyce, Instaanvoorsitter van die GPF Randfontein.. Photo: File.

Groot afskrikmiddels vir rowers is wel elektriese heinings, infrarooistrale (detection beams) in jou tuin, en kringtelevisie. Verbasend is klein hondjies wat in die huis slaap die rowers se grootste vrees.

Maak seker alle struike en bome is so gesnoei dat dit nie vir ‘n rower ‘n wegkruipplek bied nie. Indien moontlik, plant doringbossies rondom dié areas. Moenie enigiets in jou tuin laat rondlê wat rowers kan help om toegang tot jou huis te verkry nie.

Sluit lere, stapelbokse en alle tuingereedskap weg en dra buitemeubels saans binnetoe. Probeer om jou daaglikse roetine soveel as moontlik af te wissel aangesien rowers jou bewegings lank kan dophou.

Verlaat jou huis op verskillende tye, gebruik verskillende roetes en doen jou inkopies by verskillende winkelsentrums. Wees uiters versigtig wanneer jy ‘n huis- of tuinwerker of ander diensverskaffer kies. Doen ‘n agtergrondondersoek en vra vir verwysings van sy/ haar vorige werkgewer.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button